DIE LEWE RAAK TE DUUR

Hoë kospryse, brandstofpryse, skoolgelde en wie weet wat nog? Hoe bespaar mens in hierdie tyd?

Ons kla die lewe raak duurder en duurder en ongelukkig is dit inderdaad die geval.

Dis nou tyd om beheer van jou geldsake te neem en hoewel daar nie so `n ding is soos `n kitsoplossing nie, is daar n paar slim finansiele wenke wat `n groot verskil kan maak:

RAAK ONTSLAE VAN DUUR SKULD

Hersien jou lenings, insluitend voertuig- en verbandlenings, kredietkaarte en winkelrekeninge. Betaal die duurste eerste. Die `n versoeking om op skuld te koop, maar dan betaal jy baie meer vir die ding wat jy koop. Koop dit eerder kontant. Sodra jy nie meer skuld hoef te betaal nie, kan jy daardie geld begin spaar.

 

ONDERSOEK JOU BANKREKENING

Kyk na elke lewe item op die laaste 3 maande se bankstate. Gaan alle kostes en fooie na. Kyk of jy die maandelikse packet waarvorr jy betaal optimal gebruik. Jy kan dalk afgradeer na n meer geskikte bankrekening of van bank skuif as jy alders minder vir die dienste kan betaal. As jy byvoorbeeld net R40 per maand op bankkostes kan spaar, is dit alreeds R480 jaarliks.

 

HERSIEN JOU INTEKENINGS

Kyk na TV, data en internetintekenings, sowel as gim, of klublidmaatskap. Gebruik jy alles en kan jy dit bekostig? Dit kan `n groot maandelikse besparing beteken.

 

PAK MIDDAGETE IN

Om elke dag jou eie middagete werk toe te vat, kan `n groot maandelikse besparing wees en jy kan boonop gesonder leef. As jy R20 per dag kan spaar, is dit R100 `n week en omtrent R4,000 per jaar.

 

LEEN VOOR JY KOOP

As jy `n toestel soek, maar nie heeltemal seker isn nie, leen `n familielid of vriend sin om te kyk of jy dit regtig gaan gebruik. As jy sulke toestelle het wat jy nooit gebruik nie, verkoop dit. Speel die vyfdag speletjie. Dink vir vyf dae daaroor voor jy iets koop en as jy dit daarna steeds soek, is dit dalk nodig. Andersin kan jy daardie geld eerder spaar.

 

HERSIEN JOU BEGROTING

Hierdie behoor die hoeksteen van jou finansiële beplanning te wees. Kyk na jou begroting uit 3 hoeke: langtermyn (aftrede), mediumtermyn (onderrig) en korttermyn (huishoudelike begroting)

 

GAAN WINKEL TOE MET N LYSIE

Dis altyd gevaarlik om sonder `n lysie winkel toe te gaan. Hou by jou lyse n probeer om alles op een slag te koop sodat jy nie onnodig winkel toe gaan wat ekstra brandstof en ekstra produkte beteken nie.

 

KYK HOE JY MINDER BRANDSTOF KAN GEBRUIK

Openbare vervoer of ryklubs kan `n opsie wees.

 

VRA VIR RAAD

Net soos mens iemand kry om jou met jou oefing te help, so het jy `n persoonlik finansiële afrigter nodig. Werk saam om jou finansies te verbeter.

 

MOENIE HOOP VERLOOR NIE

Onthou dat jy nie die enigeste een is wat met finansies sukkel nie. Hou by jou begroting en maak klein veranderinge om jou skuld te verminder en te spaar.

 

Vir meer inlig oor hoe Help-U Debt Counsellors u kan bystaan, kan u sleg die gratis terug skakel vorm op ons webtuiste voltooi.